User Avatar
Uncategorized

SayPro Online Course SAQA 11516619331

Lifetime
All levels
0 lessons
0 quizzes
0 students

1.1.1 Formuleer en beredeneer ‘n korpus ontstaanteoriee rakende Afrikaans.
1.1.2 Analiseer en bepaal die waarde van die verskillende ontstaanteoriee.

1.2.1 Bespreek die rol wat sosiale interaksie en taalkontak gespeel het in die ontwikkeling van Afrikaans as Afrikataal.
1.2.2 Demonstreer ‘n kritiese uiteensetting en evaluaering van die proses van akkulturasie binne die Afrikaanse taalgemeenskap.

1.3.1 Definieer die intertaalteorie en die verskillende fases tussen modertaal en teikentaalverwerwing.
1.3.2 Beoordeel en bepaal die rol van die intertaalteorie binne die varieteite van Afrikaans.

2.1.1 Ontleed die proses van die onderrig van Afrikaans vanuit ‘n uitkomsgebaseerde onderrigfokus.
2.1.2 Evalueer die uitkomsgebaseerde onderrig van Afrikaanse binne die leerarea taal, geletterdheid en kommunikasie.

2.2.1 Maak ‘n verrykende en kreatiewe inset op intermediere en senior fase tot die onderrig van Afrikaans vanuit ‘n uitkomsgebaseerde perspektief.
2.2.2 Produseer praktiese bydraes tot die onderrig van Afrikaans met sterk klem op die onderskeie fasette van die kommunikatiewe vermoe van leerders.

3.1.1 Soek gepaste kinder- en jeugtekste wat aktuele persoonlike, gesins- en gemeenskapsvraagstukke aanspreek.
3.1.2 Bepaal die waarde van kinder- en jeugtekste rakende die hantering van sosiale vraagstukke.

3.2.1 Ontleed kinder- en jeugtekte metabiblioterapeuties.
3.2.2 Pas leerbereading en boekopvoeding toe aan die hand van geselekteerde kinder- en jeugtekste gemeet aan die Bybel as primere bron.

4.1.1 Formuleer die strukturele elemente wt in teksproduksie aandag moet geniet.
4.1.2 Oefen die strukturele elemente op mikroskaal prakties in.

4.2.1 Skep ‘n verskeidenheid tekste in kleiner verband wat die spektrum van skryfstyle globaal dek.
4.2.2 Produseer ‘n volledig afgeronde teks in ‘n selfstandig gekose genre.

5.1.1 Onderskei en ontleed die literere poesiebydraes in die Afrikaanse letterkunde.
5.1.2 Bepaal die kanon en die waarde van die onderskeie tekste binne die sisteem van die Afrikaanse letterkunde.

5.2.1 Analiseer en sintetiseer die teksbydraes van ‘n verskeidenheid digtrs wat gereken word tot die kanon van die Afrikaanse poesie.
5.2.2 Evalueer die onderskeie bydraes tot die Afrikaanse poesiekanon.

6.1.1 Stel vas en evalueer die fondamente van rassisme vanuit ‘n Bybelperspektief.
6.1.2 Ondersoek die gees van kontrole as oorkoepelende faktor in rassisme.
6.1.3 Bespreek trots en vrees as merkers van rassisme en bied die korrektief aan.

6.2.1 Evalueer komplementerende en kontrasterende karakterverhoudinge en stel die oorsaak binne teksverband vas.
6.2.2 Bepaal die implikasies van etniese konflik tussen karakters binne teksverband.
6.2.3 Antisipeer moontlike korrektiewe wat rassistiese karakterbotsings kan elimineer.

7.1.1 Omskryf die studieveld, grondslae en karakteristieke eienskappe van visuele geletterheid.
7.1.2 Bepaal die nut en waarde van visuele geletterdheid.

7.2.1 Formuleer die terrein en die gepaste terminologie wat in die semiotiek gebruik word.
7.2.2 Interpreteer en konstrueer ‘n semiotiese lesing van ‘n verskeidenheid tekste.

7.3.1 Rangskik die visuele elemente van ‘n dramatoneel.
7.3.2 Definieer en demonstreer prakties die funksie van beweing, regie en klank.

7.4.1 Tipeer die repertoire van beskikbare televisietekste.
7.4.2 Omskryf en evaueer estetiese visuele tekste, televisiereekse, televisieresies, strooisages of sepies en die situasiekomedie of sitkom.

7.5.1 Beskryf die aard en nut van visuele transponerings.
7.5.2 Illustreer die ooreenkomste op konseptuele vlakke in woord- en beeldtekste geillustreer aan die hand van praktiese voorbeelde.

8.1.1 Versamel ‘n verskeidenheid inligting en dokumentasie oor ‘n selfstandig gekose tema.
8.1.2 Orden en selekteer literatuur wat van toepassing is op die tema wat ondersoek word.

8.2.1 Versamel inligting wat lei tot die formulering van ‘n navorsingsvoorstel.
8.2.2 Formuleer ‘n navorsingsvoorstel.

8.3.1 Formuleer die probleemstelling, doel, aktualiteit, hipoteses en afbakening van die studie.
8.3.2 Produseer ‘n miniskripsie oor ‘n navorsingswaardige onderwerp uit die veld van Afrikaanse taal en/of letterkunde.

Integrated Assessment:

Kontinue assessering wat die volgende insluit:
Mondelinge demonstrasies wat sal vasstel of die leerder die inhoud van die module, die korrekte houdings en die gepaardgaande waardes wat saam met die module gaan, verwerf het.
Kort skriftelike opdragte wat deurlopend sal monitor of leerders die spesifieke uitkomste deel van hulle mondering gemaak het.

‘n Summatiewe drie-uur-vraestel word aan die einde van elke uitgangsvlakuitkoms en module geskryf. Formative en summatiewe assessering is voorts deur ‘n uitgangsvlakuitkoms geintegreer en bestaan uit ‘n miniskripsie waar leerders in staat gestel work om hulle vaardighede kontekstueel toe te pas en te demonstreer. 

There are no items in the curriculum yet.
User Avatar

Neftaly Malatjie

Email: sayprobiz@gmail.com Call/WhatsApp: + 27 84 313 7407

Leave a Reply