SayPro Online Course SAQA 11516616845

Email: info@saypro.online Call/WhatsApp: + 27 84 313 7407

SayPro is a Global Solutions Provider working with Individuals, Governments, Corporate Businesses, Municipalities, International Institutions. SayPro works across various Industries, Sectors providing wide range of solutions.

1. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamenvraestel asook met selfwerkopdragte bewys kan lewer dat hy/sy bevoeg is om konvergerende en divergerende ingenieursprobleme te kan identifiseer, te kan assesseer, te kan formuleer en innoverend te kan oplos.

2. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamen-vraestel asook met selfwerkopdragte bewys kan lewer dat hy/sy bevoeg is om kennis van wiskunde, basiese wetenskappe en ingenieurs-wetenskappe vanuit eerste beginsels te kan toepas om ingenieursprobleme op te los.

3. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamenvraestel asook met selfwerkopdragte, ontwerpverslae en die finale jaar ontwerpverslag bewys kan lewer dat hy/sy bevoeg is om kreatiewe, prosedurele en nie-prosedurele ontwerp en sintese van komponente, stelsels, produkte en prosesse te kan onderneem.

4. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamenvraestel asook met praktikumopdragte en die finalejaar projekverslag bewys kan lewer dat hy/sy bevoeg is om:

Navorsingsmetodes te kan toepas.
Eksperimente te kan beplan en uit te voer deur gebruikmaking van toepaslike toerusting.
Data te kan analiseer, te interpreter en inligting uit die data te kan aflei.

5. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamenvraestelle asook met selfwerkopdragte, praktimum-opdragte, ontwerpopdragte en die finalejaar projekverslag bewys kan lewer dat hy/sy bevoeg is om:

Toepaslike ingenieursmetodes, vaardighede en gereedskapstukke te kan gebruik en die resultate wat dit lewer te kan assesseer.

Rekenaarpakkette te kan gebruik vir berekening, modellering, simulasie en informasiehantering. Dit behels:
a. assessering van die toepaslikheid en beperkings van die pakket;
b. behoorlike toepassing en bedryf van die pakket
c. kritiese toetsing en assessering van die resultate wat deur die pakket gelewer word.

Rekenaars, netwerke en informasiestelsels te kan gebruik vir die assessering, prossesering, bestuur en berging van inligting ten einde persoonlike produktiwiteit en spanwerk te bevorder.

Rekenaartoepassings soos benodig in die verskillende ingenieursdissipline te kan ontwikkel.

Basiese tegnieke en kennis op die gebiede van ekonomie, besigheidsbestuur, gesondheid, veiligheid en omgewingsbewarding in die ingenieurspraktyk kan laat geld.

6. Leerder moet met praktikumverslae, ontwerpverslae en die finalejaar projekverslag asook met seminaaraanbiedings en ‘n mondelinge en plakkaataanbieding van die finalejaarprojek bewys lewer dat hy/sy bevoeg is om:

Beide mondeling en skriftelik effektief te kan kommunikeer met ingenieursgehore en die gemeenskap in die bree deur gebruik te maak van toepaslike struktuur, styl en grafiese ondersteuning.

Metodes van inligtingsverskaffing aan andere wat by ingenieurswese-aktiwiteite betrokke is, te kan gebruik.

7. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamenvraestel asook met selfwerkopdragte bewys kan lewer dat hy/sy krities bewus is van:

Die impak van ingenieursaktiwiteite op die gemeenskap en omgewing.

Die behoefte om die volgende aspekte te oorweeg tydens ingenieursanalise en -ontwerp:

a. Die impak van tegnologie op die gemeenskap.
b. Die persoonlike, sosiale, kulturele waardes en vereistes van diegene wat geraak word deur ingenieurs-aktiwiteite.

8. Leerder moet met groep selfwerkopdragte en groep ontwerp-opdragte bewys lewer dat hy/sy bevoeg is om effektief as individu en as deel van ‘n span binne ‘n multi-dissiplinere omgewing te kan werk, leiding te kan gee en kritieke take kan verrig.

9. Leerder moet met selfwerkopdragte, ontwerpopdragte, finalejaar-projek en seminaaraanbieidngs bewys lewer dat hy/sy ‘n begrip ontwikkel het vir die belangrikheid daarvan om sy/haar bevoegdheid deurlopend te onderhou en op hoogte te bly met die nuutste gereedskapstukke en tegnieke en bevoeg is om betrokke te raak by lewenslange leer deur goed ontwikkelde leervaardighede.

10. Leerder moet met seminaaraanbiedings, selfwerkopdragte, ontwerp-opdragte, eksamenvraestelle en die finalejaarprojek bewys lewer dat hy/sy krities bewus is van die nodigheid om altyd professioneel en eties korrek op te tree en verantwoordelikheid binne sy/haar beperkings en bevoegdhede te aanvaar en bevoeg is om goeie oordeel ooreenkomstig kennis en ondervinding te kan uitoefen.

Geintegreerde assesering

Asseseringsmetodes

In die leerplan word daar tussen die volgende tipes vakke onderskei:

Basiese wetenskappe bv wiskunde en fisika.
Ingenieurswetenskappe bv. elektrotegniek en elektronika.
Ontwerp en sintese bv. ontwerp en projek.
Bykomende vakke bv. ekonomie, wetenskapsleer en kommunikasie.

a. In die basiese wetenskappe en ingenieurswetenskappe vakke word die volgende assesseringsmetodes gebruik:

i) Ten minste 6 geskrewe klastoetse deur die semester waarin die student se begrip van spesifieke afdelings va die werk getoets word.
ii) ‘n Geskrewe semestertoets ongeveer in die middel van die semester waarin beide die student se begrip van spesifieke afdelings (konsepte) van die werk asook die student se begrip van die samehang tussen die verskillende konsepte getoets word.

Wat laasgenoemde vermoe aanbetref, moet meer komplekse probleme, wat sintese en integrering van kennis vereis, opgelos word.

iii) ‘n Geskrewe eskamenvraestel van ten minste 3 ure per module. Net soos in die geval van die semestertoets word die studente se begrip van spesifieke konsepte in die vak asook die begrip ten opsigte van die samehang tussen die verskillende konsepte getoets. In die eindeksamenvraeestel val die klem egter op die demonstrasie van die vermoe om meer komplekse probleme op te los waar verskeie konsepte ‘n rol speel en wat ‘n geintegreerde benadering vereis.

iv) ‘n Aantal selfwerkopdragte. Sommige hiervan oet die student individueel uitvoer, terwyl sommige in groepverband uitgevoer moet word. Daar word tussen die volgende tipes opdragte onderskei:

Oplos van probleme
Ondersoeke
Take waar onder andere simulasie en toepassing van rekenaarpakkette ‘n rol speel.
Ontwerpe

v) Minstens drie praktikumopdragte per module in die nie wiskundige vakke. Praktikum-opdragte behels metings in ‘n laboratorium verwerking en interpretering van resultate en aflei van inligting uit die data verslae oor die praktikums moet ingedien word wat die student individueel of in groepverband kan saamstel.

b) In die ontwerp- en sintesevakke word die volgende assesserings-metodes gebruik:

i) Ten minste 6 geskrewe klastoetse deur die semester waarin die student se begrip van spesifieke afdelings van die werk getoets word.

ii) ‘n Omvangryke ontwerp-opdrag wat die ontwerp van ‘n komplekse stelsel behels. Die ontwerp word ge-evalueer aan die hand van ‘n ontwerpverslag.

iii) Die uitvoer van ‘n komplekse ingenieurprojek wat navorsing, ontwerp, eksperimentele ondersoek en/of bou van toerusting behels. Die projek word ge-evalueer aan die hand van ‘n projekverslag, ‘n mondelinge aanbieding en ‘n plakkaat-aanbieding.

Ontwerpopdragte word of individueel of in groepverband uitgevoer terwyl projekopdragte gewoonlik individueel uitgevoer word.

c) Die volgende assesseringsmetodes word in die bykomende vakke soos ekonomie en wetenskapsleer gedoen:

Ongeveer ses klastoetse van 15-30 minute deur die semester.
Een semestertoets van ongeveer 1 ? uur.
‘n Aantal selfwerkopdragte.
‘n Eksamenvraestel van 3 uur aan die einde van die semester.

Geintegreerde assessering:

Formatiewe en summatiewe evaluering vind op ‘n geintegreerde wyse plaas. Gedurende die semester word van die volgende formatiewe assesserings-metodes gebruik gemaak:

‘n gemiddeld van ses klastoetse;
‘n semestertoets;
selfwerkopdragte;
praktikumopdragte

Summatiewe evaluering vind op die volgende wyses plaas:

eksamenvraestelle na die afloop van kursusse waarin leerder bewys moet lewer dat alle uitkomste met betrekking tot die spesifieke kursus bereik is;

ontwerpverslae, hoofsaaklik in die senior (3de en 4de) jare, waarin leerder bewys moet lewer dat uitkomste met berekking tot die volgende bereik is:

ingenieursprobleemoplossing,
ontwerp en sintese,
toepassing van fundamentele en spesialis-kennis,
ingenieursmetodes, vaardighede, gereedskap en informasietegnologie,
spanwerk en multidissiplinere samewerking,
impak van ingenieurs-aktiwiteite op die gemeenskap en omgewing, en
professionele en algemene kommunikasie,
‘n omvangryke projekverslag in die finale studiejaar waarin leerder bewys moet lewer dat al die uitkomste op ‘n geintegreerde wyse bereik is. 

  • Neftaly Malatjie | CEO | SayPro
  • Email: info@saypro.online
  • Call: + 27 84 313 7407
  • Website: www.saypro.online

SayPro ShopApp Jobs Courses Classified AgriSchool Health EventsCorporate CharityNPOStaffSports

Comments

Leave a Reply